Hertog van Sussex

Hertog van Sussex
Die wapen van prins Harry, Hertog van Sussex
Die wapen van prins Harry, Hertog van Sussex
Geskep 19 Mei 2018 (tweede keer)
Monarg Elizabeth II
Eerste houer Prins Augustus Frederick
Huidige houer Prins Harry
Ander titels Graaf van Dumbarton
baron Kilkeel
Status In gebruik

Die Hertog van Sussex is ’n Britse adellike titel. Dit kry sy naam van die graafskap Sussex in Engeland.

Die titel is op 24 November 1801 die eerste keer toegeken, aan prins Augustus Frederick,[1] die sesde oudste seun van koning George III. Hy het terselfdertyd die titels baron Arklow en die Graaf van Inverness gekry. Die titel was ongebruik sedert die dood van prins Augustus Frederick in 1843. Hy het wel seuns gehad, maar sy huwelik met hul ma, lady Augusta Murray, is nietig verklaar omdat dit nie aan die Royal Marriages Act van 1772 voldoen het nie. Die seuns was dus buite-egtelik en het nie ’n aanspraak op die titel gehad nie.

Die volgende persoon aan wie die titel toegeken is, is prins Harry, op die oggend van sy troue met Meghan Markle op 19 Mei 2018. Prins Harry het terselfdertyd die titels Graaf van Dumbarton en baron Kilkeel gekry.

  1. London Gazette, 24 November 1801, uitg. 15429, p. 1403

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search